Dr Louise van Coller

Ek is ’n Lewensafrigter en Huweliksberader met ’n passie vir gesinne en verhoudings.

Die grootste fokusarea van my bediening is huweliksberading en voorhuwelikse berading. Om mense te help om konflik te verstaan en te leer om dit beter te hanteer en so die verhouding te beskerm, is vir my van groot belang.

Ek is ’n spesialis-persoonlikheidsanalis en bied ’n verstaan van die verskille tussen persoonlikhede in ’n huwelik en gesin, waar mense saamleef en mekaar ten beste probeer liefhê. Kinderopvoeding en die hantering van tieners bring uitdagings waarop ouers nie altyd voorbereid is nie, daarom is afrigting binne die onderwerp van onskatbare waarde om mekaar beter te verstaan en te respekteer. 

 Ek het ’n besondere verstaan van en empatie met trauma en die impak wat dit op ’n mens se lewensbalans het. Deur die regte afrigtingsmetodes help ek mense om hul ewewig te herwin, hul trauma te hanteer en dit te oorkom.  Ek het onlangs ’n tweede doktorsgraad in seksuele trauma voltooi en so hanteer ek situasies waar mense worstel met die impak van kindertydse molestering en die uitvloeisel daarvan in hul volwasse lewens en hul huwelik.

Ek is ook ’n neuro-afrigter en sake-afrigter en gebruik NLP-tegnieke asook sielkunde-beginsels om elkeen te bedien in sy spesifieke situasie. Ek het in Pretoria gepraktiseer vir 18 jaar en is tans in Stellenbosch woonagtig waar ek my praktyk al drie jaar lank voortsit. Ek is vanjaar 29 jaar lank getroud met Marco, ’n voltydse vlieënier, en ek het twee werkende volwasse kinders.

Beroepsvoorligting, asook die kies van vakke op skool, word ook deur die analisering van persoonlikheid aangevul en jaarliks help ek talle skoliere en studente daarmee. My ondervinding in die veld help my met die ondersteuning van studente met leerprobleme en gesinsuitdagings tuis.

Verder is ek ’n egskeidingsberader en help ek die partye om deur hierdie moeilike reis kop bo water te hou en die proses te oorleef sonder om mekaar te vernietig.

Dit is vir my ’n voorreg om mense te help met hul spesifieke probleme en om hulle professioneel te bedien in uiterse konfidensialiteit. Die volle spektrum van uitbranding, depressie, dood, kindertydse trauma, karakterontwikkeling en vrae oor identiteit maak ook deel uit van my berading.

Ek is ’n Christelike berader en werk vanuit ’n Godgegewe posisie. Tog respekteer ek elke persoon se geloof of die afwesigheid daarvan en bedien jou vir wie jy is en waarheen jy wil beweeg.

Dit sal vir my ’n voorreg wees om te help met wat jy ook al benodig op die reis na genesing of karaktergroei en om weer te kan lewe in oorvloed.

Kontak my gerus by 082 851 4950.

Louise van Coller

Areas van bediening:

  • Emosionele gesondheid
  • Voorhuwelikse berading
  • Huweliksberading
  • “Affairs”
  • Tweede huwelike
  • Egskeidingsberading
  • Geestelike berading
  • Beroeps- en vakkeuses
  • Persoonlikheidsanalise en die verstaan van jou identiteit
  • Traumaberading
  • Lewensafrigting
  • Ouerleiding
  • Uitbranding
  • Verslawing
  • Probleme tydens kinderlewe
  • Familie- en gesinskonflik
  • Vergifnis
  • Seksuele trauma
  • Molestering/verkragting
  • Plaasmoorde en die trauma daarvan
  • Dood van ‘n geliefde
  • Aandagafleibaarheid en leerprobleme by hoërskoolleerlinge
  • Menopouse
onderhoude
album-art

Onderhoude met Dr. Louise van Coller
00:00